Local sportSport

‘n Ommekeer van rolle by Nellies en Mopani se eerste sportfees

Die onderskeie grade se ouers het teen mekaar meegeding terwyl die kinders dié keer die rol van ondersteuners oorgeneem het.

Verlede  naweek was die rolle tydens Laerskool Nelspruit se eerste Mopani Nellies-sportfees, vir ‘n slag omgeruil.

Die onderskeie grade se ouers het teen mekaar meegeding terwyl die kinders dié keer die rol van ondersteuners oorgeneem het. Die ma’s was die afgelope vier weke hard aan die oefen vir hulle wedstryde op die netbalbaan, terwyl die pa’s aan hulle vaardighede op die rugbyveld gewerk het.


Dit was ‘n dag propvol pret met verskeie stalletjies, heerlike kos, musiek en vermaak vir die kinders.
Organiseerders vertel dat Nellies se eerste sportfees in samewerking met Mopani Apteek beslis onvergeetlik is, en ‘n byeenkoms wat sonder twyfel ‘n jaarlikse instelling gaan word.

Na talle wedstryd deur 16 rugbyspanne, 28 op die netbalbaan en ses op die vlugbalbaan, is die dag afgesluit met ‘n gesellige braai op die rugbyveld, gepaardgaande met lewende vermaak, kinders wat op die springkastele baljaar en ‘n paar laaste rondes vlugbal terwyl die braaivleisvure nog hoog gebrand het.

 

> Foto’s: Johan Orton en Stefan de Villiers

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button