Local sportSport

Jongspan ontdek hokkie en krieket

Volgens die skool se skakelbeampte, Johan Orton, is die dag hoofsaaklik om die jonger kinders blootstelling aan die verskillende sportsoorte te gee.

Laerskool Nelspruit het verlede Vrydag ‘n junior sportdag vir die kleinspan aangebied. Die skool se sportvelde was behoorlik aan die wemel toe die kleingoed teen mekaar meegeding het in hokkie en krieket.

Vroeër vanjaar was daar ook ‘n soortgelyke sportdag waarin die kinders netbal en rugby gespeel het. Volgens die skool se skakelbeampte, Johan Orton, is die dag hoofsaaklik om die jonger kinders in die o/7-, o/8- en o/9-ouderdomsgroepe gereël om hulle blootstelling aan die verskillende sportsoorte te gee.

SJ Mathapo.

LEES OOK: Die lang arm van die wet haal motor inbraak sindikaat in

Hy vertel: “Die hoofdoel van die junior sportdag is ontwikelling. Die onderwysers en ouers is betrokke en indien die kinders in die liga tree, het hulle blootstelling aan die verskillende sportsoorte.”

Mikayla Greyling, Mienke van Zyl en Kiara
Grobler

LEES OOK: The Protea Hotel by Marriott, Nelspruit, is a great stop on this year’s Great Nelspruit Post Pub Crawl

Volgens Orton is die onderwysers al die afgelope drie maande besig om die byeenkoms te organiseer. Die deelnemende kinders het in krieket en hokkie gekompeteer tussen verskeie klasse en die ouers was op die veld om hul kinders te ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button