Vlammies krieketmeisies staan definitief nie terug
Die meisieskrieketspan van Hoërskool Bergvlam het nog 'n oorwinning in hulle seisoen behaal.

Op 28 Augustus het hulle kragte gemeet teen Hoërskool Sybrand van Niekerk op Bergvlam se krieketveld.
Sybrand van Niekerk was ingestuur om eerste te kolf nadat Bergvlam die loot gewen het.
Bergvlam kon hulle opponente beperk tot 87 lopies vir nege paaltjies. Bella Davies was die beste bouler met drie paaltjies vir 14 lopies in vier beurte.
Karli Nel en Kuhle Nyalunga het ook bygedra met twee paaltjies elk. Karli het net vyf lopies afgestaan in haar vier toegelate beurte. Fatimah Bellim, ‘n beginner tot die sport, het haar eerste paaltjie vir die seisoen gevat.
Die Vlammies het die wenlopies in die 14de beurt geslaan en met agt paaltjies gewen. Karli Nel het bly staan tot die einde en het afgestap met 36 lopies van 31 balle, nie uit nie. Bella Davies het ook bygedra met 16 lopies, nie uit nie.
LEES OOK: Skop jou skoene uit by Die Lapa gedurende vanjaar se Great Nelspruit Post Pub Crawl
