Nelspruit Rugbyklub sluit die deur op ‘n jaar van welslae en enkele terugslae
Die klub se deursettingsvermoë is een van die talle redes waarom al die lede alles insit om Mbombela se vlag omhoog te hou.

Dit was ‘n jaar van vele welslae vir Nelspruit Rugbyklub, met enkele terugslae, maar danksy ‘n toegewyde span het die klub hierdie uitdagings oorkom.
Die klub se voorsitter, Herklaas du Preez, het sy dank teenoor die spelers en administrateurs uitgespreek vir hulle vasberadenheid en toewyding aan die klub. Uit die leek se oog kan dit maklik voorkom dat die bestuur van ‘n amateur-rugbyklub glad verloop, maar daar is heelwat beplanning wat agter die skerms moet gebeur om dit ‘n sukses te maak.

LEES OOK: Cat burglar remanded in custody
Die spelers oefen daagliks inom puik uitslae te lewer en die bestuurskomitee swoeg en sweet om seker te maak dat daar vervoer is om hulle by wedstryde te kry, en dat daar voorsiening gemaak is vir hul diëetvereistes en gesondheid.
Die prestasies op die veld stem ooreen met die ondersteuning van die bestuurskomitee, wat bewys dat daar ‘n gesonde verhouding tussen beide spelers en bestuur is.
Om vanjaar se prestasies te vier, is die spelers en hul gades genooi na ‘n geleentheid by die klub. Daar was verder uitgebrei oor volgende jaar se seisoen en die transformasie in rugby.

LEES OOK: BREAKING NEWS: Illegal firearms found at Uitkyk
Die gesellige geleentheid het om 18:00 begin en die gaste het die saal gevul, terwyl die seremoniemeester, Johan Stander, hulle hartlik verwelkom het. Chris Koch het ook almal welkom geheet en Arri Myburgh het die geleentheid geopen.
Die saal het uitgebars van opgewondenheid toe die hoogsverwagte oomblik uiteindelik aangebreek het vir die spelers en bestuur, toe hulle erkenning kry vir hul bydrae tot die klub se sukses.
Die klub se deursettingsvermoë is een van die talle redes waarom al die lede alles insit om Mbombela se vlag omhoog te hou, ongeag hulle tuis of weg speel. Tjokkie van Tonder is aangewys as die eerste span se agterspeler van die jaar en het ook die meeste drieë vir die jaar aangeteken. Sy merkwaardige prestasies op die veld het daarvoor gesorg dat hy met twee trofeë wegstap.

LEES OOK: Onvoldoende fondse, bedrog?
Michack Fakude is aangewys as die speler van die jaar en Timothy Townsend is vereer vir die meeste punte aangeteken. Gedurende die rugbyseisoen het Townsend immers 132 punte op die veld vir die klub aangeteken.
Die bestuurslede was nie vergete nie. Morné Crous het ‘n trofee ontvang vir administrateur van die jaar, Frik Viljoen vir hardwerkende bestuurslid en Francois Koch vir rugbyman van die jaar. Na die trofeë uitgehandig is, is almal genooi vir ‘n gesellige kuier om die vuur en ‘n heerlike ete te midde van ‘n geselsie oor hoe die vlag op die rugbyveld gaan wapper volgende jaar.
Eerstespan voorspeler: Jos de Jager
Eerstespan agterspeler : Tjokkie van Tonder
Opkomende speler: Cameron Pullen
Belowendste speler: Timothy Townsend
Junior speler van die jaar: Jason Cornelius
Hoogste presteerder: Stephan de Jager
Speler van die jaar: Michack Fakude
Rugby man van die jaar: Francois Koch
Hardwerkende bestuurslid: Frik Viljoen
Administrateur van die jaar: Morné Crous
Meeste punte (132): Timothy Townsend
Meeste drieë (11): Tjokkie van Tonder
Beste oefening bywoning: Estian Schroeder.
Derdespan agterspeler van die jaar: Henning van Aswegen
Derdespan voorspeler: Braam van Dyk
Tweedespan agterspeler: Clinton Coetzee
Tweedespan voorspeler: Karabo Chilwane
Jong spelers
Opkomende speler: Cameron Pullen
Belowendste speler: Timothy Townsend
Junior speler van die jaar: Jason Cornelius










