Local sportSport

OPVOLG: Carla Potgieter haal nie USN se Top 12

Sy laat haar egter nie so maklik onderkry nie.

Carla Potgieter (29), die fiksheidsinstrukteur van Mbombela waaroor Laevelder verlede week berig het, het nie soos sy gehoop die top 12 van die USN Face of Fitness gehaal nie.

Lees meer: Carla Potgieter kort jou stem!

Sy laat haar egter nie so maklik onderkry nie. “My inskrywing was op die ingewing van die oomblik, en daarom was daar min tyd om vir my te stem,” het sy gesê.

Die USN Face of Fitness soek iemand wat hulle handelsmerk kan verteenwoordig. Iemand wat ‘n gesonde lewenstyl volg, en fiks en gesond lewe, maar tog ‘n liggaamsbou het wat volhoubaar is deur die loop van die jaar. Iemand wat ‘n passie het vir wat hulle doen en ‘n inspirasie kan wees vir ander.

Oor al hierdie eienskappe beskik Potgieter beslis, en sy is vasberade om in 2020 met hierdie titel weg te stap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button