Local sportSport

NHS se tuisbyeenkoms lewer groot prestasies

Die byeenkoms het 'n groot aantal inskrywings gelok; dit was goed om atlete in die kleure van die ander Laeveld-skole (soos Rob Ferreira, Barberton, Lydenburg, Lowveld High en Curro) ook almal hier in aksie te kon sien.

Aan groot opwinding het dit gewis nie verlede week by NHS se jaarlikse voorseisoenbyeenkoms tuis ontbreek nie. Danksy ‘n sterk wind in die pylvak is wonderbaarlike naellooptye opgestel, maar die wind het andersins ook vir die worpe-atlete in die regte rigting gewaai.

Die byeenkoms het ‘n groot aantal inskrywings gelok; dit was goed om atlete in die kleure van die ander Laeveld-skole (soos Rob Ferreira, Barberton, Lydenburg, Lowveld High en Curro) ook almal hier in aksie te kon sien. Desondanks, gee Rhodé Nel (m.17) se 11,84 sek. in die 100 m genoeg rede om te glo dat sy met ‘n toelaatbare windsterkte in die blaaie binnekort gemaklik met Suzaan Nel se Nellie-rekord van 12,25 sek. sal kan klaarspeel. Suzaan het self in die afdeling vir m.19 met goeie tye van 12,50 sek. (100 m) en 26,80 sek. (200 m) gesorg dat sy na ‘n goeie laaste seisoen as hoërskoolleerder sal kan uitsien.

Onder die seuns, het Rob Ferreira se bekende naelloopkrag weer sterk na vore getree. Al was die wind veels te sterk, dui Junior Mondlane (s.17) se puik 10,40 sek., Nhlanhla Maseko (s.19) se ewe uitstekende 10.50 sek. en Nhlankanipho Masinga (s.15) se 11,06 sek. op ‘n uiters opwindende skole-seisoen wat in 2020 verwag kan word.

Maar die prys vir die vertoning van die dag moet sekerlik gaan aan die atleet wat in twee items die maksimumpunte van 1 200 op die Absa-tabel aangeteken het. Ashley Erasmus, tans nog onder 14 en in graad agt, het die eerste meisie in Laeveld-atletiek se geskiedenis geword om die 3kg-gewig verby die 15m-merk te stoot. Haar wenpoging van 15,03 m het haar eie tuisrekord van 14,54 m verpletter. Haar wenafstand in skyfwerp (40,63 m) is weliswaar ‘n entjie duskant haar Nellie-rekord (42,27 m), maar oortref haar huidige rekord vir m.14 (40,07 m) met ‘n volle 56 cm.

Zander van der Merwe, die SA-kampioen in spiesgooi (s.17), het die item met ‘n praggooi van 64,90 m ingepalm. Dis egter sy 64,84 m met die swaarder 800g-spies (wat deur die s.19 gebruik word) wat die oë laat rek het. Hierdie gooi (917 punte werd) plaas Zander reeds onder die top 10 spiesgooiers (s.19) in die land. Onder die meisies, het Barberton se Jamie Panter (m.17) uitgeblink toe sy die 500g-spies op ‘n baie goeie 36,61 m laat grondvat het.

Lees ook: Lydenburg triumphs at Spur Schools mountain bike regional finals

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button