Nellies se hokkiespanne kraai koning by die provinsiale
Daar was ses spanne van Laerskool Nelspruit by die byeenkoms wat meegeding het teen strawwe kompetisie regdeur die provinsie.

Laerskool Nelspruit se hokkiespanne het die skool vertweenwoording by vanjaar se Mpumalanga-finale wat verlede naweek in Middelburg plaasgevind het. Daar was ses spanne van Laerskool Nelspruit by die byeenkoms wat meegeding het teen strawwe kompetisie regdeur die provinsie.
Die o/12-seunshokkiespan was ten einde die final aangewys as Mpumalangakampioene en het hul staal gewys gedurende die kompetisie. Hulle het opwindende hokkie gespeel om eerste plek te haal. Die o/13-meisiespan se prestasie op die veld was ook voorwaar iets om te aanskou toe hulle op hul beurt derde plek in die kompetisie bereik het.
LEES OOK: Kom, maak jouself tuis by The Pub tydens vanjaar se Great Nelspruit Post Pub Crawl
Vyf van die ses spanne wat die skool verteenwoordig het, het deurgedring tot die finale en die Nelliesvlag laat wapper.
Die skool se bemarking- en mediaskakelbeampte, Johan Orton het gesê: “Ons is baie trots daarop dat die Nellies-spanne goud en brons by vanjaar se Mpumlanga-hokkie gewen het.
“Baie geluk aan ons o/12Aseunshokkiespan wat die afgelope naweek in Middelburg as Mpumalanga-kampioene aangewys is! Ons o/13A-dogters het ook pragtig presteer met ‘n algehele derde plek.
LEES OOK: Patience on our roads can help to curb the number of accidents
“Die Nellies was baie goed verteenwoordig tydens die finale met vyf uit ses van ons spanne wat tot die finale deurgedring het. Ons o/13A-seuns en o/12Adogters eindig algeheel sewende terwyl ons o/11A-dogters elfde geëindig het. Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.”
