Local sportSport

Jaarlikse gholfdag beloof weer hope pret

Dié immergewilde gholfdag vind oor minder as 'n week by 'n reeds vol bespreekte Mbombela Gholfbaan plaas.

Die Du Toit Smuts en Vennote/Laevelder-gholfdag beloof om vanjaar vir die 17de keer weer vir hope pret te sorg.

Bo en behalwe die kaskanades waarmee die dag vereenselwig word, is 11 Oktober ook ‘n geleentheid om geld in te samel vir liefdadigheidsorganisasies, om soedoende ‘n werklike verskil in die gemeenskap te maak.

Dié immergewilde gholfdag vind oor minder as  ‘n week by ‘n reeds vol bespreekte Mbombela Gholfbaan plaas. Dit is ‘n gebeurtenis wat beide partye na aan die hart lê. Niks hiervan sou egter moontlik gewees het sonder borge se volgehoue ondersteuning, wat die platform bied en organiseerders bemagtig om minderbevoorregtes by te staan.

“As deel van die sakegemeenskap is ons daartoe verbind om die belange van ons kliënte sowel as die gemeenskap as geheel te dien. Dit is ‘n algemene oorsaak dat die ekonomiese agteruitgang van ‘n groot deel van ons gemeenskap ‘n negatiewe invloed het, veral op diegene wat nie die vermoë het om hul omstandighede te verbeter nie, insluitend bejaardes en kinders,” vertel Du Toit Smuts en Vennote se Mari van der Westhuizen.

“Aangesien ons oortuig is dat die lot van minderbevoorregte kinders vir borge ‘n kommer is, het ons besluit om aktief betrokke te raak en ‘n gholfdag vir korporatiewe liefdadigheid te hou in ‘n poging om geld in te samel en hul omstandighede te verbeter,” voeg sy by.
Begunstigdes sluit Dasha, Huis Betlehem, Nelspruit Community Forum, Herfsakker en die Belfast Kinderhuis in.

In die lig van bogenoemde word instansies en individue uitgenooi om aan te sluit as borge vir hierdie geleentheid, deur een van die borggeleenthede te kies, naamlik:
• Pryse vir prysuitdeling (vier identiese pryse weens die formaat)
• Tombola-item
• Ex Gratia-skenking
• Pryse vir “Naaste aan die pen” (vier)
• Handelsmerkitems vir 136 geskenkpakke.

“Ons verwag oudergwoonte ‘n baie suksesvolle gholfdag,” vertel Van der Westhuizen, en voeg by dat afgesien van die feit dat borge ‘n bydrae sal lewer tot die vreugde en geluk van ‘n minderbevoorregte kind, sal spesiale vermelding in Laevelder geniet word, wat die dag se mediadekking behartig. “Daar sal ook spesiale vermelding tydens die prysuitdeling gemaak word,” het sy gesê.

Natuurlik sal die geleentheid ‘n wêreldbekertema hê. “Daar wag ‘n lekker verrassing op die spelers hierdie jaar. Ons hou ook ‘n kompetisie vir die besighede wat bowwe bespreek het,” het Van der Westhuizen gesê, en bygevoeg dat die bowwe, en vierballe, reeds vol bespreek is. Vir navrae, skakel 013-745-3200.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button