Local sportSport

NGA bring ‘n bondel medaljes van SA’s af terug

Nie minder as agt gimnaste het onder die top tien geëindig - en dit teen groepe van soveel as 120 per groep.

Van die land se voorste gimnaste het mekaar onlangs oor drie dae by die Universiteit van Kaapstad se sportsentrum die stryd aangesê.

Vyftien gimnaste van vlak vier tot sewe het onlangs by dié swierige geleentheid (die SA Kampioenskappe in Rondebosch) saam ‘n tros medaljes ontvang om huistoe te bring. “Nelspruit Gimnastiek Akademie het beslis uitgestaan en puik vertoon,” het die NGA se Maré Putter vertel.
“Nie minder as agt gimnaste het onder die top tien geëindig – en dit teen groepe van soveel as 120 per groep. NGA het sewe goue medaljes, vier silwer en ses brons – ‘n totaal van 17 – teruggebring,” het sy gesê.
Elfjarige Jasmine Muller (vlak vier) is as SA Kampioen aangewys nadat sy goud op die balk, en brons op die brug, spronge en vloer verower het.

Mieke Louw (vlak ses), wat in die 13- tot 17-jarige kategorie deelgeneem het, het algeheel tweede geëindig met goud op spronge en silwer op die balk.

Die 10-jarige Iané Swart (vlak vyf) was algeheel derde nadat sy brons op spronge verwerf het.


Algehele vierde plek is deur 10-jarige Marlia Spreeth (vlak vier) ingepalm. Sy het met goud op spronge en silwer op die brug weggestap.
Hier volg die res van die uitslae
• Andeline Grobler – vlak ses (12 jaar): algeheel sewende – goud op die brug
• Xi-Ané Roets – vlak vier (9 jaar): algeheel sewende – goud op die balk
• Chaney Prinsloo – vlak vyf (11 jaar) algeheel agtste met ‘n puik gemiddeld
• Isabel Prinsloo – vlak vyf (10 jaar): algeheel negende met silwer op vloer en brons op balk
• Elisma de Villiers : algeheel 11de met goud op die balk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button