ONTMOET: Jacques Goosen
Goosen is 'n welbekende en geliefde pastoor by Pneuma Ministries in Riverside.

Goosen is ‘n welbekende en geliefde pastoor by Pneuma Ministries in Riverside.
Nie net voorsien hy ‘n gemeente van tientalle lede van geloofspitkos elke Sondag nie, maar hy sien ook reeds die afgelope drie jaar na die emosionele en geestelike welstand van die Phakisa Pumas om.
Lees ook: Hanco gaan by Olimpiese Spele armdruk
Dit is algemene kennis dat dié span harde bene tydens die afgelope Curriebeker moes kou en telkens die spit afgebyt het. Dit verg dus ‘n inspirerende man soos Goosen om hulle te leer om staande te bly te midde van nederlae.

Inteendeel, Goosen beskou ‘n verloor as ‘n geleentheid vir groei. “Moeilike tye vir die span is nie altyd sleg nie – wanneer dit sleg gaan, word die spelers net al sterker,” meen hy.
Lees ook: Toegewyde meisieskrieketspeler is as’t ware ‘n roos tussen die dorings
Hy staan bankvas langs die veld tydens elke oefening. Hy is sensitief vir elkeen se sterk- en swakpunte, hulle ups en downs. Dit is nie altyd moontlik om persoonlike probleme by die huis te los nie en Goosen help hulle om hul fokus absoluut op die spel te hou sodat hulle gemoedere reg is vir die volgende kragmeting.
Marius van Rensburg, die bestuurder van die Pumas, vertel dat Goosen van onskatbare waarde vir die Pumas is. ”Hy word baie hoog geag en gerespekteer – deur beide die bestuur en die spelers. Sonder hom sal ons nie sommer klaarkom nie.”
