Soos dit nou al tradisioneel is, is die Rooikatte se prysuitdelingsfunksie Saterdagmiddag voorafgegaan met ‘n wedstryd tussen die getroude rugbyspelers en die ongetroudes.
Vir die pretwedstryd het die getroudes in Rooikattruie en die ongetroudes in truie van die Ratels van Ohrigstad op die veld gedraf.
LEES OOK: Boks vir ‘n Boervrou
Al was dit net ‘n vriendskaplike wedstryd, het die manne glad nie laat slap lê nie en het met ywer gespeel.
Die getroude span het ‘n naelbytoorwinning van 27-20 oor die ongetroudes behaal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
