Local sportSport

NHS pluk die vrugte van ‘n jaar se swoeg en sweet

Op die kruin van die toekennings was Carla Mouton en Douw Kruger.

‘n Jaar se harde werk op die sportveld het onlangs vrugte gewerp toe Hoërskool Nelspruit hulle top presteerders vereer het.

Op die kruin van die toekennings was Carla Mouton en Douw Kruger, wat afsonderlik as sportman en -vrou van die jaar aangewys is.

Dié titel kom nadat Carla tweede in die SA Swemkampioenskappe geëindig het, en as beste senior swemdogter aangewys is.

Also read: Extreme heat and discomfort expected for the Lowveld
Douw het gemaai onder die Absa-punte (volpunte van 1 200) en met die titel as Absa-atleet van die jaar weggestap.

Dit is te danke aan ‘n yslike 19,99 m in seuns o/17-gewigstoot. Hy was ook die senior atleet van die jaar vir sy tweede plek in gewigstoot in Abidjan, Ivoorkus – 19,5 m.

Sy eweknie was Ashley Erasmus wat as Absa-atleet van die jaar (dogter) aangewys is vir haar afstand van 42,27 m in dogters o/14 skyfwerp en volpunte op die Absatabel. Sy is ook as atleet van die jaar (junior dogter) aangewys, vir haar tweede plekke in die SA Skolekampioenskappe vir skyfwerp en gewigstoot.

Die buiteskoolse sportvrou van die jaar was Sonet Vermaak. Gedurende nasionale kampioenskappe op Pilgrim’s Rest kom sy eerste in die kategorie professionele vroue.

Sy was deel van die drieman- en vyfmanspanne wat goud gewen het. Sy was ook deel van die Suid-Afrikaanse span wat in Finland aan die Wêreld-kampioenskappe deelgeneem het en behaal sukses in die spankompetisies, maar ontvang geen medaljes nie.

Die buiteskoolse sportman van die jaar was Christo Nagel. Hy behaal twee derde plekke by die Suid-Afrikaanse President Stoeikampioenskappe in Maart vanjaar en tydens die Junie-vakansie verteenwoordig hy Suid-Afrika by die Wêreldspele in Boedapest en behaal ‘n sewende plek.

Hy het die afgelope vakansie tydens die Suid-Afrikaanse Skole Jeug-stoeikampioenskappe ‘n eerste plek behaal in die Jeug Grieks-Romeinse afdeling.

Hier is die res van die toekennings:
Atleet van die jaar:
Junior seun: Handré van der Merwe
Senior dogter: Rhodé Nel
Bergfietsryer van die jaar: Hijke Coetzee (2018 uitslae)Bergfietsryer van die jaar: Luan Snyman (2019 uitslae)
Hokkiespelers van die jaar:
Junior dogter: Lize Oosthuizen
Junior seun: Hendrik Dreyer
Senior dogter: Cherise van Duyker
Senior seun: Adriaan Smit
Krieketspeler van die jaar:
Junior: Hugo Coetzer
Senior: Jacques Vosloo
Landloper van die jaar:
Junior dogter: Berna Kok
Junior seun: André van Schalkwyk
Senior dogter: Mila de Villiers
Senior seun: Andreas van Heerden
Muurbalspeler van die jaar:
Dogter: Jeanné Henning
Seun: Neil Henning
Netbalspeler van die jaar:
Junior: Lisa Ingwersen
Senior: Bessie Breytenbach
Rugbyspeler van die jaar:
Junior: Christiaan Gates
Senior: Chyle van Zyl
Sewes rugbyspeler van die jaar:
2018: Chyle van Zyl
2019: Waldo Stoltz
Skaakspeler van die jaar:
Junior: Suné du Preez
Senior: Johan Visser
Swemmer van die jaar:
Junior dogter: Izanie van der Merwe
Junior seun: Dylan Boshoff
Senior seun: Robbie Drummond
Tennisspeler van die jaar:
Junior dogter: Arili Boshoff
Junior seun: Michiel Eksteen
Senior dogter: Lize van Biljon
Senior seun: Japie Lubbe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button