Local sportSport

Bergvlam en Piet Retief meet kragte

Hoërskool Bergvlam en Hoërskool Piet Retief se o/15 seunskrieketspelers het kragte gemeet op die krieketveld in eMalahleni Saterdagmiddag.

Die kwartfinaal-wedstryd het in die Vlammies se guns begin toe hulle die loot wen en die besluit neem om eerste te boul.

Suhail Patel het ‘n uitstekende boulbeurt gehad en vyf paaltjies in sewe beurte geneem. Hul teenstanders is almal uit vir 138 lopies.

LEES OOK: Laerskool Laeveld hou massa-atletiek

Na ete is Bergvlam aan die kolf en Piet Retief het die paaltjies vinnig laat val. Op die 16de beurt is Hoërskool Bergvlam plat met 90 lopies, nege paaltjies.

“Thando Maseko en Juwan Ferreira het egter sterk gestaan vir agt beurte en het 43 lopies tussen hulle gemaak,” vertel Hoërskool Bergvlam se krieketafrigter, Pieter Pretorius.

Die twee gedugte kolwers het die wedstryd vir Bergvlam gewen met een paaltjie in 24 beurte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button