Local sportSport

Hoërskool Rob Ferreira se sportsterre het helder geskyn

Die toekennings spreek van ‘n ongeëwenaarde toewyding aan ‘n sport wat ‘n groot rol speel in hul ontwikkeling as leiers.

Vir leerders, veral op hoërskoolvlak, om erekleure op akademiese of sportgebiede toegeken te word, is die hoogste eer. Dit spreek van ‘n ongeëwenaarde toewyding aan ‘n sport wat ‘n groot rol speel in die ontwikkeling van leierskapeienskappe en die vorming van ‘n leerder se karakter.

Hoërskool Rob Ferreira het onlangs ‘n aantal leerders erken vir hul uitstekende prestasies op die sportveld deur hierdie eer aan hulle toe te ken. ‘n Paar leerders wat met die verloop van tyd huishoudelike name in die Laeveld geword het, is alreeds welbekend danksy hul prestasies.

Zandri Strydom wat menigde kere haar bekwaamheid in bergfietsry bewys het, het die Prestige Trofee ontvang vir die hoogste prestasie in ‘n individuele sport in die dogterskategorie. Zandri is die SA Enduro-kampioen in haar ouderdomsgroep, asook die SA XC-kampioen, en het ‘n paar maande gelede deelgeneem aan die Wêreld XC Bergfietskampioenskap in Kanada.

Stiaan du Toit.

LEES OOK: 12-jarige pianis wen gesogte prys

Sy het ook die onlangse skole Spur Liga gewen en is ook vereer met ‘n wisseltrofee vir die hoogste sportprestasie op internasionale vlak. Jakobus Terblanche is beslis Hoërskool Rob Ferreira se bobaas-swemmer en het verskeie medaljes verwerf toe hy die skool by talle skoolgalas verteenwoording het.

Jakobus kwalifiseer vir die junior nasionale kampioenskap en is gekies om Suid-Afrika in Namibië te verteenwoordig. Hy het in nege items deelgeneem en twee goue, twee silwer- en twee bronsmedaljes verower.

Vir sy prestasies is Jakobus die wisseltrofee vir die hoogste prestasie gehandig, gepaard met erkenning vir die hoogste prestasie op internasionale vlak, danksy sy vertoning teen mededingers uit ander Afrikalande.

Ona Nwizu.

LEES OOK: NHS klas van 50 jaar gelede, besoek skool

Vanjaar se sportdogter- en sportseuntoekennings by Hoërskool Rob Ferreira is onderskeidelik aan Ona Nwizu en Stiaan du Toit oorhandig. Ona het die Nelia Haasbroek Wisseltrofee ontvang vir haar prestasies op die netbalbaan, nadat sy haar kleuretoekennings in netbal en atletiek ontvang het.

Sy het ook deelgeneem in die Mpumalanga Verspring-kampioenskappe waar sy tweede plek in hoogspring verwerf het. Stiaan het sy atletiese bekwaamheid in drie sportsoorte gewys gedurende die jaar. Hy het vir die skool se tweede span tennis gespeel en ook eerste span krieket en hokkie gespeel.

LEES OOK: Erns raak ernstig tydens boekloods

Zandri Strydom.

Op die krieketveld het hy opslae gemaak nadat hy vyf paaltjies in ‘n wedstryd geneem het en hy is ook gekies vir die Mpumalanga o/21- span. Tesame hiermee is Tiaan ook aangewys as senior speler van die jaar in hokkie en krieket.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button