Local sportSport

Witrivier-stoeiers wys hul staal tydens nasionale byeenkoms

Vier lede van Witrivier se stoeiklub was deel van die Mpumalanga-span wat op 27 en 28 September die provinsie op nasionale vlak in Pretoria verteenwoordig het.

Cristo Nagel jr. het sy staal en tegniek in die o/15 Grieks-Romeinse afdeling gewys en op die eerste dag ‘n goue medalje verower asook nasionale kleure verwerf. Hy moes wel die volgende dag teen ‘n Duitse stoeier bes gee.

Werner Steyn het vir die eerste keer op nasionale vlak deelgeneem en sy provinsiale kleure gekry. Hoewel hy en Danilo Pretorius nie podiumplekke behaal het nie, het hulle hul goed van hul taak gekwyt.

Franco Neuhoff het sy bronsmedalje in hierdie taai kompetisie met net twee punte gemis, wat steeds ‘n ware prestasie is.

LEES OOK: Robbies hou ‘n aktiewe vakansie
Nagel jr. en Pretorius is ook vir die Noordvaalspan gekies wat op 26 Oktober in Pretoria verder sou deelneem.

Dié goeie prestasies is te danke aan die plaaslike afrigterspan se toewyding, en veral Nagel sr. wat hulle hoeke beman het en hulle tydens die kompetisie begelei het.

Hierna gaan almal eers uitrus, voordat die volgende jaar se harde werk weer aangepak gaan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button