Jy pak nie ‘n Rooikat sonder handskoene aan nie
Aan die einde van die aand is almal na die befaamde 19de gat vir ‘n gesellige kuier, waar die wenspanne hul pryse ontvang het.

‘n Tradisie wat in 2013 begin het, het verlede week by Mbombela Gholfklub voortgeleef toe die immergewilde Rooikat
Gholfdag weer vir groot pret gesorg het. ‘n Aantal bekende plaaslike sakelui, asook bekendes soos Piet Pompies, het oudergewoonte per uitnodiging die dag meegemaak.
Uit die staanspoor was die geesdrif tussen die spelers duidelik, terwyl hulle in ‘n vierbal (gemengde dryf) met die beste twee tellings, die dag met mening aangepak het.

LEES OOK: Laerskool Laeveld beloon toppresteerders
Volgens Johan Breytenbach, mede-eienaar van Rooikat Liquors, was vanjaar se tema “Cocktails and Dreams”.

LEES OOK: Nellies-harmonië verower harte
Die wenspan van Polla Nel, Willie van Staden, Justin van Staden en Wayne Pieterse het hul bekwaamheid op die gholfbaan getoon deur ‘n allemintige 113 punte aan te teken.
Aan die einde van die aand is almal na die befaamde 19de gat vir ‘n gesellige kuier, waar die wenspanne
hul pryse ontvang het. Die vrygewige gees is die dag se uiteindelike wenner.

LEES OOK: Kaapsehoop spog met ‘n Siya van hul eie
“Rooikat het op die aand ‘n tjek van R20 000 aan Moving Mountains oorhandig. Hierdie liefdadigheidsorganisasie bied ondersteuning aan kankerpasiënte in terme van vervoer- of verblyfkostes en enige ander hulp wat kankerpasiënte benodig.”
Benewens die samesyn op die bosveldgholfbaan was die doel ook om ‘n hartige dankie aan besighede wat Rooikat
ondersteun, te betoon.

LEES OOK: Laerskool Laeveld se Lee-Ané behaal weer SA-kleure
“Die doel van die dag is om aan ons groot kliënte wat weekliks by ons koop, insluitend kroeë, restaurante, hotelle, gastehuise, korporatiewe besighede en almal wat hul bystand vanjaar getoon het, dankie te sê vir hulle besigheid.”
