Local sportSport

Twintig spanne probeer mekaar oortref by die Sport- en Jagfederasie ghongskietdag

As gevolg van die swaar kalilber gewere, is groot klem geplaas op veiligheid en die aanwesigheid van 30 baanbeamptes om seker maak dat dinge goed verloop is bewys hiervan.

Die Makhonjwa-bergreeks het verlede Saterdagoggend weergalm toe die land se topskuts vir die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfederasie (SASJF) se ghongskietdag aanmeld. Twintig spanne met vier lede elk het hulle slag by die Jock Greyling Militêre Skietbaan gewys.

Volgens die SASJF se voorsitter, Geon Clark, het die afstande gewissel tussen 150 m tot 500 m, en skuts van regoor die land het hierdie uitdagende skietbaan aangepak.

“Die sport word plaaslik goed ondersteun, en die Laeveld is taamlik goed verteenwoordig,” het Clark gesê.

Dawie van Aardt.

LEES OOK: Beweerde verkragters verskyn in hof

Omdat daar swaar kaliber gewere tydens die kompetisie gevuur is, is groot klem op veiligheid gelê.

“By sport en jag is veiligheid ons eerste prioriteit, en ons maak seker dat die skuts die veiligheidsmaatreëls ken en toepas. Daar was 30 baanbeamptes wat hulle vingers op die pols gehad het, asook noodhulp te danke aan HiTech Mediese Dienste. Ons verseker ook dat oog- en oorbeskerming verpligtend is.”

Om die verrigtinge meer uitdagend te maak, is daar ‘n paar struikelblokke wat die mededingers moes deurmaak om hulle skietvernuf op die proef te stel. Die kompeterende skuts het ook die super-ghong op 400 m aangepak, en oor ‘n
gimnasiumbal skiet. Slegs 32 van die skuts kon dit van hierdie afstand raakskiet.

 

Pierre Henning.

LEES OOK: Hondjie oorleef sonder kos en water in versteekte drein

Die SASJF se sekretaresse en penningmeester, Daleen Taljaardt, het gesê: “Daar is verskillende posisies waaruit die
skuts kon skiet wat dit beslis nie maklik gemaak het om te korrel en die ghong raak te skiet nie.

“Hulle kon uit ‘n lê- of staanposisie, en dooierus op verskeie items soos lere, bakkies, kratte en hooibale neem,” het sy
gesê.

Om ‘n bietjie pret by die sport te voeg, kon spanne ook ‘n joker-kaart koop en sodra hulle mis skiet, dit gebruik om nog ‘n kans te hê om hul telling te verbeter. Terwyl die skote geklap het, was dit duidelik dat die skuts hulle vernuf na vore wou bring, en die gesogte ‘’pieng” van die koeëls wat die ghong tref het die tone laat krul.

Naas Steyn.

LEES OOK: Museum diefstal ‘n slag vir inwoners van Barberton

Daar was egter baie op die spel en die skuts het hard geswoeg om die Sabatti 6,5×66 eerste prys in te palm. Na sy naam uit ‘n hoed getrek was, het De Wyk Vos met die gesogte wapen, wat geborg word deur Bulldog Custom Rifles, weggestap.

Die gelukkige trekking vir die Howa 6.5 Grendel, geborg deur Wildman Nelspruit, is deur Hans Botha gewen. Toe die stof gaan lê, is André Botha aangewys as die beste skut met 900 punte.
Piet van den Heever is naaswenner en het ook 900 punte aangeteken. Kort op sy hakke is Ernst Zeelie in derde plek met 870 punte.

Die drie topspanne is Overwatch in die eerste plek met 3 260 punte. Die Y Nots is tweede met 3 110 punte en Lebombo is in derde plek met 3 010 punte.

Om deel te word van hierdie opwindende en veeleisende sport, skakel gerus vir Daleen Taljaardt by 082-412-4499.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button