Local sportSport

“Swem het die potensiaal om mense bymekaar te bring,” sê kapt. Ronel Bekker

Die bekende polisiebeampte glo dat swem nie net 'n sport is nie, maar 'n lewensvaardigheid wat almal móét hê.

Afgesien van haar vaardigheid met vuurwapens en haar werk as bevelvoerder by die Mbombela-polisie se FLASH-eenheid, is kapt. Ronel Bekker ‘n bekwame sportvrou. Sy is al sedert 2010 betrokke by swem in Mpumalanga en werk hard agter die skerms om transformasie in die sport op provinsiale vlak te fasiliteer.

Sy vertel: “Ek het amptelik in 2010, toe my seun begin om kompeterend te swem, by Mpumalanga Provinsiale Swem se bestuur betrokke geraak. Dis nou nege jaar dat ek by die uitvoerende bestuur betrokke is.

“Ek hou nie daarvan om op die kantlyn te sit nie. Ek wil altyd oral betrokke wees.”

LEES OOK: Pro Gratia-studente sprei hul vlerke

As polisiebeampte vir die afgelope 27 jaar het Bekker ‘n passie ontwikkel om mense te help en sy stel hul ontwikkeling en groei hoog.

Volgens Bekker is haar belangstelling in swem geprikkel toe haar seun in die sport begin deelneem. Sy bieg dat sy self min oor die sport geweet het, en het begin belangstel deur hom te ondersteun.

“My seun het geswem en ek wou help waar ek kon en die sport leer ken. Ek het swem op daardie stadium glad nie geken nie. Dit het my geïnteresseer, omdat ‘n swemmer verantwoordelik is vir sy eie sukses. So, jy
kan niemand behalwe jouself blameer nie, en ook niemand anders kan erkenning kry vir jou sukses nie.”

LEES OOK: Skenking verander Els-gesin se lewe

Bekker het ook laggend bygevoeg dat die bonus natuurlik was dat swemmers nie sweet nie. Haar seun swem nou in KwaZuluNatal en is by seeredding betrokke in Port Shepstone, en hierdie aspek van swem wat sy aanlokkend vind, is dat daar ‘n verskeidenheid opsies by die sport is waarmee ‘n mens ander kan help.

Sedert haar betrokkenheid by die sport, is Bekker bevoorreg om by die nasionale swemkampioenskappe en nasionale
oopwater-swemkampioenskappe as skeidsregter aangestel te word. Sy was by die nasionale swemkampioenskappe as
Grand Prix-skeidsregter betrokke, asook by die drie-nasie kompetisie wat Suid-Afrika, Mosambiek, Swaziland en Angola ingesluit het.

Sy was ook ‘n oopwater-skeidsregter vir die eerste African Beach Games wat talle Afrika-lande ingesluit het. Haar passie om mense te help en die sport te transformeer in die Laeveld is duidelik.

LEES OOK: Beweerde verkragters verskyn in hof

“Ek het gehelp om die sport te transformeer tot waar ons nou swart swemmers het wat aan Afrika-kompetisies deelneem met sukses, en deel is van ons nasionale oefengroepe.

“Dis vir my lekker om te sien hoe mense wat ek opgelei het floreer, en ook self in uitstekende swembeamptes ontwikkel. My grootse doel is om verhoudings te bou tussen die swemgemeenskap, die regering en besigheid. Sodoende kan ons gesamentlik die sport groei.”

Die voormalige netbalspeler meen dat die sport die potensiaal het om mense bymekaar te bring.die


LEES OOK: ONTMOET: Zanell Pinker

“Swem het my blootgestel aan kinders en mense van alle oorde. Dit het my geleer om dankbaar te wees vir my eie talente en het my ook buite die grense van SuidAfrika geneem waar ek blootgestel was aan ander kulture en plekke. Dit het my geleer dat swem nie ‘n sport is nie, maar ‘n lewensvaardigheid wat elke persoon móét hê.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button