Local sportSport

Pumas stel hul nuwe spelers bekend

Van Rensburg sê dat hierdie spelers vaardighede na die span gaan bring in lyn met die Pumas se visie om jong spelers te ontwikkel.

Na ‘n seisoen van gemengde welslae is die Pumas besig om gou op dreef te kom in afwagting van vanjaar se rugbyseisoen.

Volgens Marius van Rensburg, spanbestuurder, bring die insluiting van sewe nuwe spelers van verskillende
rugbyunies in die Pumas-span hulle ‘n tree nader aan hul mikpunt.

Hulle streef daarna om vanjaar meer as aanspraakmakers op die Curriebeker-titel te wees. Van Rensburg sê dat hierdie spelers vaardighede na die span gaan bring in lyn met die Pumas se visie om jong spelers te ontwikkel.

Eddie Fouché.

LEES OOK: Hoërskool slaag meeste kandidate met universiteitsvrystelling

Eddie Fouché sluit aan as losskakel. Hy het voorheen vir die Leeus uitgedraf en is as ‘n talentvolle speler deur Van Rensburg beskryf.

“Hy het baie goed gevaar as o/21- losskakel en was deel van die span wat die 0/21 Curriebeker twee keer gewen het,” het hy vertel.

Ali Mgijima.

LEES OOK: Hoërskool Bergvlam behaal 95,8% slaagsyfer

Ali Mgijima is ‘n voormalige Cheetahsspeler en het ook in die Varsity Cup vir die Shimlas gespeel.

“Hy is ‘n belowende jong senter en sy verdediging is rotsvas.”

Wayne van der Bank.

Wayne van der Bank kom ook van die Leeus af en word beskryf as ‘n veelsydige jong speler op wie se skouers groot
verwagtinge rus.

AJ le Roux.

LEES OOK: Geloftedag word gevier in eg Suid-Afrikaanse styl

Voormalige Griekwas-haker, AJ le Roux, spog met jare se ondervinding en was op ‘n stadium ook die spankaptein.

“Met sy ondervinding glo ons dat hy beslis ‘n groot verskil by die Pumas kan maak. Met sy ervaring en leiding kan hy die span help vir die seisoen.”

Pieter Jansen van Vuren kom ook van die Griekwas en volgens Van Rensburg is hy tuis as flank en slot – wat vir die Pumas van groot waarde sal wees.

Pieter Jansen van Vuren.

LEES OOK: Motorongeluk ontneem jong man van tweede kans

Ruan Kramer sluit ook vanjaar by die span aan en is ‘n sterk skrummer en goeie draer van die bal.

“Hy is die tipe speler wat ons kan help met ons Curriebeker-veldtog.”

Die blitsvinnige Allistair Mumba kom van die Griffons. Van Rensburg het vertel dat Mumba baie drieë vir die Griffons gedruk het. Hy was ook genoem as die top drie-drukker in die Curriebeker se eerste afdeling.

Ruan Kramer.

LEES OOK: Dié eeue-oue verhaal word met flair op die planke gebring

Van Rensburg het laat glip dat die Pumas besig is met die tweede fase van die voorseisoen se voorbereiding, wat baie
hardloopwerk behels om die spelers se uithouvermoë te verbeter.

“Ons wag op SA Rugby om te hoor hoe vanjaar se kompetisie lyk en ons het ‘n paar vriendskaplike wedstryde gereël om ‘n voorsmakie van hierdie seisoen se rugby te hê.”

Allistair Mumba.

LEES OOK: Opknapping van die sokkerbal begin

Die Pumas draf op 28 Maart by Mbombela Stadion teen die Blou Bulle uit en speel op 4 April teen die Sharks. ‘n Tentatiewe vriendskaplike wedstryd teen die Leeus word ook beplan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button