Die Leeus kraai koning tydens Laerskool Witrivier se interhuis
Laerskool Witrivier se interhuis is oor twee dae gehou.

Die naellope het op ‘n baie warm Vrydag, 17 Januarie, plaasgevind en die laaste velditems is voltooi in Maandag, 20 Januarie se reënweer.
Die nuwe gr. 1’s het met opwinding deelgeneem aan hulle eerste 60m- en 80m- naellope. Die wegspring was by tye ‘n uitdaging, maar atlete het vinnig geleer om in hulle eie baan te bly.

Die skool se drie huisspanne is die Leeus in geel, Renosters in rooi en die Buffels in blou. Die interhuis het 20 nuwe rekords deur die seuns en 25 nuwe rekords deur die dogters opgelewer.
LEES OOK: Huis Bethlehem hou gholfdag vir fondsinsameling
Die Renosters het die Sangbeker gewen met die Leeus tweede en die Buffels derde. Die Leeus het die Atletiekbeker gewen, die Buffels was tweede en die Renosters derde.

Die Leeus was die algehele wenners met 839 punte. Die Buffels was tweede met 821 punte en die Renosters derde met 721 punte. Die Leeus het ook die beste dirigente gehad.
Die volgende leerders is aangewys as victor en victrix ludorums
• Senior victor ludorum: Jordan Pretorius (ses items)
• Senior victrix ludorum: Lesego Mahele (drie items)
• Junior victor ludorum: Mikhemso Ngakane (twee items)
• Junior victrix ludorum: Rejoice Oluyende (twee items)
