Local sportSport

Jongman stoei sy pad oop na Algerië

Christo Nagel van Witrivier Stoeiklub het vir die kadettespan gekwalifiseer wat Suid-Afrika in Februarie 2020 by die Afrika-kampioenskappe in Algerië gaan verteenwoordig. 

Christo was deel van die Pumas-span wat op 26 Oktober aan die Noordvaal- kampioenskappe in die LC de Villiers-saal in Pretoria deelgeneem het. Dit was reeds die derde keer dat hy sy staal daar kon gaan wys.

Slegs een stoeier uit elke provinsie word per gewigsgroep gekies om die provinsie te verteenwoordig, dus was dit is ‘n groot voorreg en prestasie vir hom.

Die Bulle, Valke, Lions, Pumas en Limpopo het aan dié kampioenskappe deelgeneem en die Pumas het algeheel ‘n vierde plek gekry, nadat hulle ongelukkig die brons medalje met slegs twee punte en ‘n silwer medalje met vier punte gemis het.

LEES OOK: Die Leeus kraai koning tydens Laerskool Witrivier se interhuis

Die plaaslike manne het egter hul plek in die Pumas-span volgestaan en sien reeds uit na volgende jaar se uitdagings.

Die kostes aan Februarie se toer na Algerië is baie hoog en die klub doen alles in sy vermoë om Christo te help om hierdie droom ook te kan verwesenlik.

LEES OOK: Witrivier-stoeiers wys hul staal tydens nasionale byeenkoms

Enigiemand wat kans sien om hom te borg of ‘n donasie te maak om die onkostes te help delg, kan dit in die volgende rekening inbetaal: South African Wrestling Federation, Standard Bank Rivonia (takkode 001-255), rekeningnommer 023 031 662, verwysing: Christo Nagel.

Bewys van betaling moet dan na shaun@collivery.co.za of tanyanagel9@gmail.com gestuur word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button