Rob se topswemmers sorg vir vuurwarm aksie
Rob Ferreira Hoërskool het Maandag 20 Januarie, gedurende een van die koudste dae hierdie somer, hulle sweminterhuis gehou.

Al die gr. 8- tot 12- swemmers het baie entoesiasties meegeding vir ‘n plek in die skool se swemspan.
Tobie Steyn is ‘n gr. 8-leerder by Rob Ferreira en was al van gr. 1 af deel van Laerskool Witrivier se swemspan.
Jakobus Terblanche is in gr. 12 en het in 2019 Suid-Afrika verteenwoordig in Namibië by die Cana Zone-kampioenskappe. Hy het reeds gekwalifiseer vir die senior nasionale kampioenskappe wat van 4 April af in Durban plaasvind.

LEES OOK:Huis Bethlehem hou gholfdag vir fondsinsameling
Rob Ferreira is baie trots op Jakobus wat oefen by die Guppie Tigers Swimming Club.

Sy afrigter, Nelia Pienaar, is ‘n oud-leerling wat ook die Robbies elke middag by die skool se swembad afrig.
