UITSLAE EN FOTO’S: Vlammiegees brand hoog by Bergvlam Interhuis
Tot die bitter einde was sake nog baie gelykop. Maar, die rooi span het op die einde van die dag die oorhand gekry.
In die nouste oorwinning in jare het die rooi span se Vlammiegees tydens die BUCO Interhuis naelskraaps hoër gebrand as dié van die blou span.
Só vertel Hoërskool Bergvlam se skakelbeampte, Mandy Barnard, wat getuig van allesbehalwe ‘n wegholoorwinning.
“Tot die bitter einde was sake nog baie gelykop. Maar, die rooi span het op die einde van die dag die oorhand gekry en met 151 punte meer met die louere weggestap,” het sy gesê.
Also read: Thriston narrowly misses out on Eye of Africa PGA Championship
‘n Tradisie wat oor die jare heen gesneuwel het, is ook tydens die byeenkoms opgewek. Meer inligting daaroor sal in Vrydag se uitgawe van Laevelder verskyn.
Vanjaar se beste atlete in elke ouderdomsgroep (victor en victrix Ludorum, meeste punte vir die span, gebaseer op beste vier items, ABSA-punte bymekaar getel) is soos volg:
• o/14 – Edwin Ndzimeni en Milde Cronje
• o/15 – Juano de Villiers en Malatelo Dlamini
• o/16 – Blessing Dhlamini en Lubambo Nomsebenzi
• o/17 – Wynand Kruger en Chinè Maritz (laasgenoemde het ook die 25 jaar oue rekord met 10 cm verbeter)
• o/19 – Danny de Figueiredo en Shanè van Heerden.
Beste baanatleet: Edwin Ndzimeni (736) wat die 200 m in 26,21 sek. afgelê het.
Beste veldatleet: Njabulo Maphanga (838), verspring: 6,77 m.
Ander rekords wat op die dag gespat het:
Seuns o/14 100 m-hekkies – Kurhula Mashele – verbeter 2017 se rekord na 18,59 sek.
Seuns o/19-verspring
Kemal Rehman – verbeter 1992 se rekord van 6,36 na 6,63 m.
Njabulo Maphanga – verbeter dieselfde rekord, 6,77 m.
Seuns o/19 driepsprong
Sihle Sigudu verbeter 1994 se rekord van 12,72 m na 13,31 m.














