Blitsige oud-Laevelder hardloop in die geskiedenisboeke in
'n Oud-Onderberger wat homself na sy skooloopbaan in Lincoln, Nebraska, tuisgemaak het, het onlangs opslae by sy universiteit, Huskers, gemaak toe hy 'n myl (1,6 km) in 'n blitsvinnige 3:57,93 voltooi het.

George Kusche (21), seun van die bekende Malalane-sakeman, Alf Kusche en plaaslike tandarts op die dorp, dr. Susan Kusche hou tans die Nebraska-rekord vir ‘n vinniger myl as op enige ander grootte baan in die streek.
Dié rekord is tydens die Washington-uitnodigingsbyeenkoms, waar hy teen twee ander professionele atlete, Evan Jager (3:56.50) and Sean McGorty (3:57.19) meegeding het, opgestel. Hoewel hy in die derde plek geëindig het, het hy die vinnigste tyd van enige ander kollegelid ooit afgelê.
LEES OOK: Open Water Series a gruelling test of endurance
David Harris, sy afrigter vertel dat dié aktuariële tweedejaarstudent al sedert Desember hiervoor voorberei. “Dit is ‘n groot deurbraak en ons wag al baie lank hiervoor,” het hy gesê.
George ding eersdaags in die Frank Sevigne Husker Invitational mee, en gaan daar poog om sy eie rekord wat hy in die vorige seisoen opgestel het, te verpletter. Sy visier is dus ingestel op die Devaney Center-standaardbaanrekord wat in 1994 opgestel is.
Hy sal hierdeur Nebraska se vinnigste 3 000 m-atleet ook word.
‘n Trotse Susan vertel dat haar seun in Pretoria gebore is waarna hulle in 2002 Malalane toe verhuis het. Hy het sy laerskoolloppbaan te Laerskool Malelane voltooi.
Hy is later Affies toe waar hy gematrikuleer het.
LEES OOK: Penryn parents fight it out on the golf course
Na skool het George, die jongste van vier, vir ‘n jaar by Tukkies studeer voordat hy ‘n akademiese en sportbeurs by Huskers aangebied is.
“Hy het aanvanklik rugby nagejaag, maar hy was te klein en het toe aan landloop begin deelneem. In gr. 8 het hy tydens Affies se interhoër met die louere weggestap,” vertel sy.
“Ek as ma is baie trots. Dit is verbly-wend om te weet dat jou kind op sy eie iets van sy lewe kan maak op die grondslag wat ons vir hom gelê het.”
