Local sportSport

Interhoër swem is om die draai

Plaaslike skole het verlede week by Hoërskool Rob Ferreira vir 'n vriendskaplike swemgala bymekaargekom.

Die geleentheid was ter voorbereiding van die interhoërswembyeenkoms wat op 19 Februarie by Van Riebeeckpark plaasvind.

Rob Ferreira, Curro, Uplands, Penryn en Hoërskool Nelspruit het die gala bygewoon.

By die Curro-meisies se o/15-individuele wisselslag het Mikeala Goelst in ‘n tyd van 2:44,03 geswem, en Jordan Taylor, ook in Curro, 3:09,38.

LEES OOK: Innibos wen weer eens fees van die jaar

Jakobus Terblanche van Hoërskool Rob Ferreira het uitgestaan met goeie tye vir sy onderskeie items: vir die individuele medley, 200 m, ‘n tyd van 02:18,25; vlinderslag, 50 m, ‘n tyd van 00:27,25; vryslag, 100 m, ‘n tyd van 00:58,77; en rugslag, 100 m, 01:22,31.

Simoné de Beer was Rob Ferreira se vinnigste dogter van die dag. Vir die individuele medley, 200 m, behaal sy ‘n tyd van 2:36,13; borsslag, 50 m, 00:36,63, vlinderslag, 50 m, ‘n tyd van 00:31,78; en vryslag; 100 m, ‘n tyd van 01:06,36.

LEES OOK: Blitsige oud-Laevelder hardloop in die geskiedenisboeke in

Alhoewel dit ‘n vriendskaplike byeenkoms was, het die ouers bankvas agter die swemmers gestaan en hulle luidkeels toegejuig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button