Local sportSport

Atlete maak reg vir interhoër

As voorloper vir die 71ste Mediclinic Laeveld Interhoër wat eersdaags by Hoërskool Bergvlam plaasvind, het die gasheer verlede week die platform gehad om vir oulaas hul stempel af te druk.

Nagenoeg 10 rekords is op die dag deur deelnemende skole soos HTS Witbank en Penryn geëwenaar of verpletter.

Logan Nienaber, ‘n o/14-dogter van HTS, het ‘n 37 jaar oue diskusrekord laat spat deur byna 11 m verder as die bestaande rekord te gooi.

Die plaaslike o/19-dogter van Penryn, Zanele Chavangwane het haar skool trots gemaak deur om drie rekords te laat spat. Sy het die verspringrekord na 5,2 m verbeter en die 100 m-tyd van 13 sek. geëwenaar.

Die 200 m-rekord het ook naelskraaps in die slag gebly en staan nou op 26,8.

Die victor en victrix ludorum was albei van HTS Witbank. McNeill McMaster het 2 144 ASA-punte behaal en Cherike Boshoff 2 341 ASA-punte.

Sumari van Staden was Bergvlam se ster van die dag deur om in 3 000 m o/19-meisies ‘n tyd van 02:28,1 te behaal. Sy het ook goud by in die 1 500 m-meisies o/19 met ‘n tyd van 05:26,9 verwerf.

By die dogters o/15 300 m-hekkies het Lwandzile Dlamini, ook van Bergvlam, ‘n eerste plek met ‘n tyd van 63,06 sek. bereik.

Jason van den Heever het drie eerste plekke in die 800 m-seuns o/19-hekkies met ‘n tyd van 05:15,2, asook 1 500 m met 04:59,8 en 3 000 m met ‘n tyd van 10:38,4 behaal.

ALSO READ: First Curro Interhigh coming to Mbombela

Chiné Maritz het vir Bergvlam nog drie goue medaljes ingeryg, wat tesame 2 129 ASA-punte was.

Mthunywa Sakitsi het Hoërskool Barberton se naam hoog gehou toe sy ‘n hoogte van 1,55 min die meisies o/17-hoogspring gespring het.

Die vinnige voete van Penryn het die goud ingepalm en het altesame 10 goue medaljes huis toe geneem.

Tlangelani Ndlovu het die o/15-meisies 100 m gewen met ‘n tyd van 13,7 sek.

By die o/19-meisies 100 m het Penryn goud en silwer gewen met Zanele Chavangwane in eerste plek met ‘n tyd van 13 sek. en Samu Nkambule net agter haar met ‘n tyd van 14,5 sek.

 

ALSO READ: Meet Nontkozo Dlamini

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button