Local sportSport

INTERLAER: Lydenburg laat rekords voorwaar spaander

Die skool kan trots wees op die vertoning wat hulle die dag gelewer het.

Een ding was Saterdag duidelik: Lydenburg staan vir niks terug nie.

Die skool kan voorwaar trots wees op die vertoning wat hulle die dag gelewer het. Name soos Sumarie Louwrens, Rojandi Coetzee en Elsabe de Klerk het die skool se naam hooggehou. Drie van die vier dogtersrekords wat op die dag in die slag gebly het is deur Lydenburg verbeter en, wat die trofeë betref, het Elsabe en Sumarie hulle
staal gewys.

Sumarie is as die dag se beste dogtersatleet aangewys toe sy die 200 m-hekkies vir o/13-dogters in ‘n blitsvinnige 31,91 voltooi het – ‘n halwe sekond vinniger as die vorige rekord van 32,44.

Rojandi Coetzee het die kollig gesteel en die toeskouers was opgewonde en angstig toe sy die hoogspringlat nader. Keer op keer het sy met gemak oor die lat geseil totdat sy uiteindelik haar piek vir die dag met ‘n rekordhoogte van 1,50 m bereik het – ‘n volle sewe sentimeter hoër as die vorige rekord.

Lee-Ann Lewis het die vorige o/7 60 m-rekord in ‘n tyd van 10,11 geëwenaar. Nthokozisi Ndlovu het ook vir ‘n
skouspel op die baan gesorg, en spog met twee goue medaljes vir sy 800 m- en 200 m-hekkiesitems. Hy het eersgenoemde in ‘n tyd van 2:27,60 voltooi en laas-genoemde in 31,5.

Die kollig was weer op Lydenburg toe die dag einde se kant toe staan – dít toe die o/13-aflosspan eerste oor die wenstreep gebars het.

Rojandi Coetzee. Foto: Stefan de Villiers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button