Local sportSport

INTERLAER: Nellies oes al wat ‘n medalje is by interlaer

Die podium is deurentyd in Nellies se kenmerkende wit, blou en geel getooi.

Vir Laerskool Nelspruit was vanjaar se interlaer op Barberton voorwaar ‘n medaljefees.

Die podium is deurentyd in Nellies se kenmerkende wit, blou en geel getooi nadat hulle met ten minste 50 medaljes, vier trofeë en drie rekords weggestap het. Indien die puntetotale in ag geneem word om ‘n algehele wenner aan te wys, sou dit die twintigste jaar wees dat Nellies met die louere wegstap.

Knip jou oë en jy het gemis hoe Lizwe Mkumane driemaal oor die wenstreep gebars het. Vir Nellies het hy die meeste goue medaljes ingepalm in 150 m-hekkies en 100- en 150 m-naellope. Vir sy tyd van 22,40 in eersgenoemde, palm hy 769 ASA-punte in en vir die ander twee, in onderskeidelike tye van 13,09 en 19,78, ‘n totaal van 1 236.

Dit het bygedra tot sy totaal van 2 154, wat genoeg was vir hom om die senior victor ludorum-trofee omhoog te hou. Jessica Badenhorst se indrukwekkende 1 080 punte vir eerste plekke in o/9-60- en 80 m-naellope het vir die junior victrix ludorum-titel verwerf.
Haar tye was onderskeidelik 09,18 en 12,40. Vir haar 200 m-tyd van net oor die 28 sekondes, is die o/13s se ster Ninke Mosterd as beste baanatleet aangewys. Sy het ook die 100 m in haar ouderdomsgroep in 13,32 kafgedraf.

Vir sy allemintige 12,89 m in die o/13-gewigstoot en nuwe rekord, is Vaughn van Zyl as die beste senior veldatleet aangewys.

Lees meer: Geen rekord kan Nellies se Vaughn van Zyl afskrik nie

Vian Louw het Vaughn se 11,55 m-rekord van verlede jaar met 10 cm verbeter en hiervoor met 706 punte weggestap.
Lana Theron en Zoë Cilliers het elk twee goue medaljes ontvang vir hulle tyd in onderskeidelik die 80 m, 100 m en 150 m. Lana het die o/11-80 m in 11,69 voltooi en het die 100 m in 14,56 gehardloop. Zoë is in die o/12-100 m na 13,56 oor die wenstreep en in die 150 m in 21,13.

Jong spoedvraat Alize Engelbrecht het die o/7-60 m in 10,10 voltooi en het haar tweede goue medalje vir die dag verower toe sy die 80 m in 13,47 kafgedraf het.

Foto’s: Johan Orton

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button