Local sportSport

INTERLAER: Witrivier se atlete wys waarvan hulle gemaak is

Laerskool Witrivier het Saterdag weer hulle stempel behoorlik by die interlaer afgedruk.

Laerskool Witrivier het Saterdag weer hulle stempel behoorlik by die interlaer afgedruk.

Vir toeskouers was dit geen verrassing dat Sheba Sithole, die skool se topatleet, as senior victrix ludorum aangewys is nie. Sy het haar teëstanders ver agtergelaat toe sy haar ritme in die 1 500 m vir o/13-dogters gevind het. Vir haar tyd van 05:00,43 het sy nie net ‘n goud verwerf nie, maar is ook as die beste middelafstandatleet aangewys. ‘n Tweede plek in die 100 m-naelloop het bygedra tot ‘n puntetotaal van 2 474 en die gesogte victrix-trofee.

In die 1 200 m-middelafstand, het die Hattingh-broers oudergewoonte vir ‘n gesinchroniseerde skouspel gesorg toe hulle kort op mekaar se hakke oor die wenstreep is. Mardus het egter in die doodsnikke van die wedloop weggebreek, en is in die proses as die beste middelafstandatleet gekroon met 715 ASA-punte en ‘n tyd van 3:58,46.

Ander atlete wat bygedra het tot die skool se medaljeryke dag was Mphati Dlamini, wat eerste plek in die 80 m asook 100 m vir seuns o/10 verwerf het. Jordan Pretorius het na 4,63 m in die sandput beland en daardeur eerste onder die o/13-seuns geëindig. Aiden van Heerden het die 2 kg-gewig op 9,76 laat grondvat en eerste plek in die o/11-gewistoot ingepalm.

Thumisho Letsoalo het die o/13 80 m-hekkies in 13,06 voltooi en 735 punte, sowel as ‘n goue medalje, ingewin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button