FOTO’S: Bergland vier 50ste bestaansjaar met sportfees
Onder die plaaslike skole het Laeveld, Nelspruit Primary, asook die gasheer.

Verskeie Laeveldse rugbyvelde en netbalbane het die afgelope naweek gewemel van talent toe skole van sover as Bloemfontein hulle staal in die Laeveld kom wys het.
Die byeenkoms het saam met die organiseerder, Laerskool Bergland, se 50ste verjaarsdagviering geloop. Onder die plaaslike skole het Laeveld, Nelspruit Primary, asook die gasheer, teen Goedehoop (Secunda), Groenskool (Phalaborwa), JJ van der Merwe (Ermelo) en Grey College te staan gekom. Wedstryde is by die plaaslike skole se rugbyvelde en netbalbane, asook Nelspruit Rugbyklub, gespeel.
Bergland het ook van dié geleentheid gebruik gemaak om hulle nuwe eerste-span uitrustings, vir beide netbal en rugby, bekend te stel. Die skool sal voortaan in bruin en goud uitdraf. Die wedstryde was vriendskaplik, en dus is geen uitslae bekendgemaak nie.
