Só lyk die Pumas-groep vir die seisoen
Phakisa Pumas-breier, Jimmy Stonehouse het onlangs sy groep van 38 Curriebeker-spelers aangekondig

Phakisa Pumas-breier, Jimmy Stonehouse het onlangs sy groep van 38 Curriebeker-spelers aangekondig, en volgens hom is hulle tande geslyp vir hul eerste wedstryd.
Die span is vroeër die groenlig gegee om onder sekere voorwaardes oefening te hervat. Hoewel die regering onlangs aangekondig het dat kontakoefening asook wedstryde binnekort toegelaat sou word, is daar nog geen aanduiding van wanneer die span hulle eerste wedstryd mag speel, of kontakoefeing mag hervat nie.
Volgens die hoof-uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru), Jurie Roux, behoort die eerste wedstryde mid-September plaas te vind. Geen toeskouers mag egter by sportbyeenkomste teenwoordig wees nie.
“Die aanvanklike voorlegging het Mbombela in die binnebaan gesit vir Saru se beplande bioborrels. Dit was egter toe die land nog onder vlak 3 van die inperking was,” het George Stainton, die span se kommersiële hoof gesê.
Daar was sprake dat die land se agt spanne in twee bioborrels sou opgedeel word, en dat Mbombela Stadion gasheer vir die Pumas, Cheetahs, Griekwas en Kings sou speel. Die Pumas het egter ‘n voorlegging ingedien vir al agt spanne om op eie bodem mee te ding.
Ondanks die wolk van onsekerheid wat heers, het hulle sedert hul laaste wedstryd in September, hetsy agter geslote deure tydens vlak 4 en 5 van die inperking, of sedert hulle weer op die veld toegelaat is, hulle kant gebring en volgens Stonehouse het heelwat spelers hul hande opgesteek.
“Ons het die afgelope tyd veral daaraan gewerk om ons foute tot ‘n minimum te berpek,” het hy gesê, en bygevoeg dat daar heelwat ou bekendes by die groep ingesluit is, maar ook heelwat nuwe bloed in die span is.
Loskopstut
• Morgan Naudé
• Liam Hendriks
Hakers
• HP van Schoor
• AJ le Roux
• Simon Westraadt
Vaskopstut
• Marné Coetzee
• Wikus Groenewald
• Ruan Kramer
Slot (4)
• Le Roux Roets
• Pieter Janse van Vuren
• Brandon Valentyn
Slot (5)
• Darrien Landsburg
• Heath Backhouse
Flank (6)
• Francois Kleinhans
• Daniel MaartensFlank (7)
• Phumzile Maqondwana
• Ewart Potgieter
• Hanru Sirgel
Agtsteman
• Willie Engelbrecht
• Kwanda Dimaza
Skrumskakel
• Ginter Smuts
• Giovan Snyman
• Chriswill September
Losskakel
• Niel Marais
• Fiela Boshoff
Binnesenter
• Ryan Nell
• Eduard Fouché
• Ali Mgijima
Buitesenter
• Alwayno Visagie
• Niel Maritz
• Wayne van der Bank
Vleuels
• Morné Joubert
• Etienne Taljaard
• Ruwellyn Isbell
• Luther Obi
Heelagters
• Devon Williams
• Japie Kleinhans
• Tapiwa Mafura.
