Local sportSport

Atlete sê mekaar die stryd aan by SA-atletiekkampioenskappe

Die provinsie as 'n geheel het die beste in 20 jaar gevaar met 'n aantal van 21 medaljes en 'n gedeelde agtste plek met die Westelike Provinsie.

Nagenoeg 20 plaaslike atlete het die afgelope naweek SA se voorste atlete hulle staal by die ASA se subjeug- (o/16), jeug- (o/18) en junior- (o/20) kampioenskappe in die Paarl (Boland) gaan wys.

Die provinsie as ‘n geheel het die beste in 20 jaar gevaar met ‘n aantal van 21 medaljes en ‘n gedeelde agtste plek met die Westelike Provinsie.

Die tien Nellies wat die provinsie daar verteenwoordig het (Nathan Duncan, Marco Capazorio, Handré van der Merwe, Hannes Botha, Tanya Pieterse, Ashley Erasmus, Shanese de Clerck, La-Alizia Venter, Jolanke van Zyl en Charné Strydom), het met vyf medaljes vanaf Dal Josafat-stadion teruggekeer.

Ashley Erasmus het in beide haar spesialis-items (skyfwerp en gewigstoot) in die afdeling vir meisies 18 die maksimum van 1 000 punte op ASA se tabel verdien. ‘n Reusegooi van 48,20 m het die wind uit die opponente se seile geneem, en Ashley is die 2021 Suid-Afrikaanse jeugskyfwerp-kampioen. Dit plaas haar tot dusver in die
nr. 6-posisie ter wêreld. Cedricka Williams van Jamaica lê tans eerste met 51,27 m. Haar loopbaanbeste van 17,46 m (39 cm verder as haar eie NHS-rekord) was net-net nie genoeg om Zonika Lindeque van Gauteng se nuwe SA-rekord van 18,18 m in gewigstoot te troef nie. Sy eindig egter steeds tweede
in SA.

Handré van der Merwe het twee derde plekke in 110 m en 400 m-hekkies (18) inge-palm en beide Nellie-rekords het in die slag gebly. Shanese de Clerck, nog onder 16, het kleingeld van haar eie rekord van 5,45 m in verspring gemaak met ‘n afstand van 5,67 m. Daarmee het sy gemaklik voor Vrystaat se Jana van Tonder (5,53 m) in die bronsposisie geëindig.

ALSO READ: NHS en Robbies blink uit in Secunda – gerat vir SAs in die Paarl

Hoërskool Rob Ferreira het agt atlete na die Paarl gestuur (Erin Merensky, Zanele Sehohle, Sydney Mandelkorn, Caitlin Dehr-man, Lwazi Mogodiri, Thapelo Nkuna, Con-nor Barnes en Junior Mondlane) en spog met een brons en een silwer. Alle oë was op die hoofseun, Junior, wat in die Mpumalanga-atletiekkampioenskappe in Secunda verlede naweek ‘n afstand van 7,53 m behaal het. Met dié sprong het hy die kwalifiserende afstande vir die SA’s (6,90 m), SA seniors (7,30 m) en die wêreldjeugkampioenskappe (7,42 m) oortref. By die SA’s het hy dit weer gedoen, maar dié keer was dit slegs goed genoeg vir ‘n derde plek. Dit nadat Jason Tito (seuns 20) op tuisgrond ‘n reusagtige sprong van 7,86 m gespring het, en Sanele Shoba van Gauteng ‘n ewe indrukwekkende 7,60 m behaal het.

Lwazi Mgodiri het ‘n silwer in die 4×400 m-aflos ingepalm na ‘n skitterende tyd van 42,20 – slegs 0,06 sek. agter die Westelike Provinsie. Die wenners was egter Gauteng met ‘n tyd van 40,59 sek. Die span het uit Thapelo, Kwanele, Lowazi en Junior bestaan.

Lowveld High School se oud-leerder Nol-wazi Mashaba het weer opslae op die sand gemaak en haar afstand van 12,57 m het die titel van SA driesprongkampioen opgeraap. Sy het ook ‘n tweede plek in verspring behaal. Yulin Chabane het brons ingepalm vir sy driesprongafstand van 13,60 m.

Hoërskool Barberton se Vukani Ngwenya het ‘n medalje net-net misgeloop, met sy persoonlike beste tyd van 53,15 sek. in 400 m-hekkies.

Hier is die volledige uitslae:
TWIZZA ASA TRACK & FIELD AGE GROUP CHAMPIONSHIPS FINAL MEDAL TABLE
TWIZZA_ASA_TRACK___FIELD_AGE_GROUP_CHAMPIONSHIPS_at_DALJOSAFAT_STADIUM_ALL_EVENT_RESULTS

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button