Local sportSport

Pumas en Cheetahs maak hulle spanne bekend vir Curriebeker kragmeting

Jimmy Stonehouse is vasberade om die wa deur die drif te kry wanneer hulle Vrydag om 16:00 met die Vrystaters kragte meet.

Die NNC Pumas sal Vrydag sonder ten minste vier van hulle staatmakers teen die Toyota Cheetahs in Bloemfontein moet klaarkom.

Dié beserings sluit die twee vaskopstutte Corné Fourie en Morgan Naudé, asook twee loskopstutte, Marné Coetzee en Justin Forwood, in.
“Ons sukses tot dusver kan grotendeels toegeskryf word aan ons sterk voorspelers wat foute afgedwing het,” sê ‘n bekommerde hoofbreier, Jimmy Stonehouse.
Hy is steeds vasberade om die wa deur die drif te kry wanneer hulle Vrydag om 16:00 met die Vrystaters kragte meet.

Die Pumas het Vrydaagaand in ‘n hakerige wedstryd met die Tafel Lager Griekwas op tuisfront afgereken. Alhoewel dit nie die bonuspuntoorwinning was waarvoor hulle gehoop het nie, was dié 26-22-wen genoeg vir ‘n tweede plek op die Carling Curriebeker-punteleër – een punt agter die Westelike Provinsie. Die tuisspan het eerste punte aangeteken toe Eddie Fouché ‘n strafskop deur die pale stuur. Nie lank daarna het Matt More vir sy eerste Curriebeker-drie agter die doellyn gaan kuier en Fouché het verdoel.

ALSO READ: Pumas reign supreme against Griquas at Mbombela Stadium

Simon Westraadt, wat vir die tweede keer in drie wedstryde as man van die wedstryd aangewys is, het sy eerste van twee drieë aangeteken, maar hierdie keer kon Fouché nie die drie verdoel nie.

Hierdie drie, asook Westraadt se tweede drie later in die wedstryd, was ‘n produk van die Pumas
se vaste fasette wat deurentyd rostvas was.

Die Griekwas het in drie strafdoele en een doelskop geslaag nadat ‘n wye aangee in senter Jay-Cee Nel se hande beland het.
Met die rustydtelling van 16-15 het die Pumas ‘n teenaanval in die tweede helfte geloods wat moeilik deur die Griekwas gestuit kon word. Ongedwonge foute het egter aan beide kante twee strafdoele deur Fouché en Whitehead tot gevolg gehad, en dansky Westraadt se drie kon die Pumas hulle aartsvyande met vier punte klop.
“Ons het vir onsself ‘n groot doelwit gestel, en dit is om die halfeindronde te haal. Daarom gaan ons Bloemfontein toe vir een rede, en dit is om te wen,” het Stonehouse gesê.

Hier is die spanne: 


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button