Local sportSport

Rooikatte draf Ratels kaf

Die rugbywedstryd in Lydenburg om die rugbyjaar af te skop, het bewys dat die Ratels en Rooikatte se spelers slaggereed is vir die Laeveldliga.

Ter voorbereiding van die 2022 Laeveld Rugbyliga het die eerste span van Lydenburg se Rooikatte teen die Ratels op die tuisveld uitgedraf.

Die wedstryd het op Vrydag 1 April by Rooikatpark plaasgevind. Teen rustyd was die telling 19-0 en die finale telling was 24-12 in die Rooikatte se guns.

Vir die voorwedstryd het ‘n uitnodingspan van ouer spelers en reserwes uitgedraf.

Lees ook: Enduro racers hold nothing back

“Die Ratels bestaan uit ’n kombinasie van spelers van Burgersfort, Steelpoort en Ohrigstad. Die wedstryde tussen die Ratels en die Rooikatte is maar altyd taai. Die tellings is nooit hoog nie,” het Danie Ackermann, die Rooikatte se afrigter, gesê.

Die Laeveldliga skop op 7 Mei af en die Rooikatte beplan ’n paar wedstryde later vanjaar. Besonderhede daarvan sal bekendgemaak word sodra die datums vasgestel is.

Die Rooikatte se punte is aangeteken deur Jason Jackson, Tollie Ngqandanu, Renoster Labuschagne (twee drieë) en Jason Oosthuizen (twee drieë, verdoel). Die Ratels het twee drieë gedruk en een drie is verdoel. Die voorspeler van die wedstryd is Ngqandanu en die agterspeler Labuschagne.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button