Local sportSport
Uithaleraksie by Laerskool Lydenburg
Laerskool Kruine van Secunda het op Saterdag 9 April Laerskool Lydenburg op Hoërskool Lydenburg se sportvelde aangedurf.
Die spelers het hul goed van hul taak gekwyt en die ouers moes bontstaan om hul kinders te ondersteun.
Laerskool Lydenburg se eerste rugbyspan het 17-5 gewen, die tweede span het 15-0 verloor, die o. 11’s het met 12-5 gewen, die o. 10’s speel gelykop met 10 punte elk en die o. 9’s verloor 30-15.
Lees ook: Lydenburg Wyngilde ontdek goeie pasmaats vir vis- en seekosdisse
Op die netbalfront het die eerste span o. 13A’s gelykop gespeel met 19 punte elk, die o. 13B’s wen 27-8, die o. 12A’s wen 11-6, die o.12B’s wen 18-4, die o. 11A’s wen 10-9, en die o. 10A’s wen 16-0.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





















