Wintersport in volle swang
Op Saterdag 9 April by Hoërskool Lydenburg het dit gegons tydens die eerste wintersportdag teen Hoërskool Rob Ferreira.
Die rugbytellings was soos volg: die eerste span verloor 10-34, die tweede span verloor 3-36, die o. 16A’s verloor 0-33, die o. 15A’s wen 32-24, en die o. 14A’s wen 17-5.
Die o. 14- en o.15- spanne was die rugbysterre van die dag en het al hulle wedstryde gewen. Die eerste netbalspan het met 22-14 gewen en die speler van die wedstryd was Larischa Kelly.
Lees ook: Aksie op Laerskool Lydenburg se velde
Met die netbal was die tellings soos volg: die eerste span verloor 15-20, die tweede span wen 16-11, die o. 16A’s wen 15-10, die o. 15B’s wen 18-0, en die o. 14A’s verloor 8-11.
Die eerste dogtershokkiespan het met ’n oorwinning van 4-1 van die nuwe Astro-bane afgestap, en die tweede dogtershokkiespan het met 14-10 gewen.







