Rooikatte maak skoonskip op Malelane
Die Rooikatte het hul tokse diep ingeskop en op Saterdag 7 Mei as wenners na Lydenburg oor die Longtompas teruggekeer.

Die klub het in Malelane aan die eerste wedstryd van die Laeveldliga deelgeneem. Met die blaas van die eindfluitjie, het die Rooikatte se eerste span met 27-5 en die tweedes met 18-17 teen Malelane gewen.
Die eerste span se Donovan Theart, Julius Ackermann, Innocent Masinga, Gerhard Strydom en Christiaan Labuschagne het punte op die telbord geplaas. Cassie Steyn se drie is verdoel. Die spelers van die wedstryd was Ruan Reynecke en Donavan Theart. Vir die tweede span het Org Theron, Lawrence Ngwenya en Clinton Sibanyoni punte aangeteken. Org Theron se drie is verdoel. Die spelers van die wedstryd was Karools Roos en Giovanni Viviers.
Op Saterdag 14 Mei speel die Rooikatte teen die Laeveld Ratels op Rooikatpark. Die tweede spanne skop om 14:00 af en die eerste spanne om 15:30. Die Rooikatbestuur nooi toeskouers uit om die spelers Saterdag te ondersteun.



Foto’s: Jenise Colsby.
