Skuts van formaat lewer hul beste by skietdag
Die plaaslike AfriForum-tak het met die organisering van die South African Precision Rifle Federation se Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Lydenburg gehelp.

Die tak het in samewerking met AfriForum sporthoedjies aan elke skut wat die dag bygewoon het geborg, en ook met die logistieke reëlings gehelp.

“Dit is ’n groot voorreg vir AfriForum se Lydenburg-tak om by hierdie geleentheid betrokke te kon wees. Ons wil ook by sportdae soos dié betrokke wees, omdat sport een van die belangrikste aspekte in enige gemeenskap is en die potensiaal het om hulle bymekaar te bring,” sê Arlo van Heerden, die distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Volgens Erich Venter, die Lydenburgtakvoorsitter, was die geleentheid ’n groot sukses en het die skuts dit baie geniet. Die tak sien daarna uit om nog verskeie projekte in Lydenburg te loods.
