Local sportSport

Hokkiebokkies voltooi goeie seisoen

Hoërskool Lydenburg het na afloop van die seisoen rede om trots te wees.

Op Saterdag 4 Junie het die hokkiedogters wedstryde teen Hoërskool Barberton op die nuwe Indube Astrobaan gespeel en alles gewen.

Al die dogterspanne het na die eerste ronde deurgedring om vir die Mpumalangaspan te kwalifiseer.
Op Saterdag 11 Junie speel die o. 15-span tuis teen Hoërskool Generaal Hertzog. Indien die o. 15- en o. 16-hokkiespanne die komende naweek in Volksrust wen, sal hulle outomaties vir die Mpumalanga-finaal kwalifiseer wat in Julie plaasvind.

Lees ook: Jolige affêre sorg weer vir ‘n trefferbasaar op Lydenburg

Jada Hamman voor en Melandi de Jonge probeer balbesit by ‘n Hoërskool Barbertonspeler in die o. 15-dogtershokkiewedstryd kry.
Meghan-Leigh Kruger voor met die bal en Anvone Pieterse agter haar in die o. 15-wedstryd teen Hoërskool Barberton.
Elmari Muller probeer die bal van ‘n Hoërskool Barberton-speler oorneem en Lethu Mqadi bied ondersteuning.

Foto’s: Michelle Boshoff

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button