Local sportSport

Jong stoeiers van Lydenburg wen groot by toernooi

Stoei is bekend as ’n sportsoort wat karakter bou en kinders leer hoe om struikelblokke te hanteer.

Die Lydenburg Stoeiklub se lede het aan die Pumatjie-toernooi in Middelburg deelgeneem asook die Mpumalanga-stoeivereniging se kampioenskappe op dieselfde dag. By die Puma-toernooi kry al die jong lede kans om te stoei.

Lees ook: Jolige affêre sorg weer vir ‘n trefferbasaar op Lydenburg

Drie van die ouer lede het uitstekend in die Mpumalanga-stoeivereniging se kampioenskappe gevaar. Nico Brink het in drie wedstryde gestoei en het ’n medalje vir deelname gekry. Eben du Plessis het in een wedstryd gestoei en ook ’n medalje gekry. Darren Labuschagne stoei al van 2018 af, en hy het een wedstryd gestoei en ’n goue medalje verdien. Die afrigter, Dean Wiehann, stoei al sedert vierjarige ouderdom en het al verskeie keer Suid-Afrikaanse kleure ontvang.  Die stoeiklub oefen Maandae en Woensdae om 17:45 tot 19:00 by De Souzahuis, Hoërskool Lydenburg se seunskoshuis. Kinders van so jonk as vier jaar oud kan deelneem. Vir meer inligting skakel Siobhan Labuschagne by 071 221 3464

Voor: Jovan van Zyl, Corlu Muller, Martin Erlank, Pedrie Nel, (middel) Eben du Plessis, BJ van Tonder, Nathan Breytenbach, Hougardt Combrinck, Darren Labushagne, Nico Brink, (agter) Dean Wiehann en Roché du Plessis (afrigters).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button