Rooikatte deel ’n 73-3-veeghou uit
Met 73 punte teenoor die drie van Malelane, het die Rooikatte Rugbyklub redegehad om trots te wees.
Die spanne het mekaar op Saterdag 4 Junie by Rooikatpark op Lydenburg gepak.
Malelane het baie beserings gehad en kon nie twee vol spanne Lydenburg toe stuur nie.
Drieë is deur Clinton Sibanyoni, Xolani Nqandana, Johan Voster, Hilton Boshoff, Donovan Theart en Christiaan Labuschagne gedruk.
Lees ook: Krugerwildtuin se wildehonde binnekort op die kassie te sien
Agt van Jason Oosthuizen se drieë is verdoel en een drie van Donavan Theart.
Die spelers van die wedstryd was Phillip Hennop en Hilton Boshoff vir die voorry. Die spelers van die wedstryd vir die agterry was Christiaan Labuschagne en Donovan Theart.
Die Rooikatte het Malelane bedank dat hulle steeds ywerige rugby opgelewer het.
Op Saterdag 11 Junie speel die Rooikatte ’n wegwedstryd op KaMhlushwa naby Malalane.



