Local sportSport
Laeveldliga lewer gehalte rugby
Die Laeveld Rugbyliga 2022 is in volle swang en die spanne gee week na week mekaar meer opdraande.
Die Rooikatrugbyklub het die afgelope twee Saterdae suksesvolle wedstryde gespeel. Op Saterdag 11 Junie het hulle in KaMhlushwa buite Mbombela gaan speel. Die telling was 51-5 in die Rooikatte se eerste span se guns. Die tweede span het 31-0 teen Matsulu Rugbyklub gewen. Op Saterdag 18 Junie het Malelane Rugbyklub by Rooikatpark in Lydenburg kom speel. Die besoekende span het die Rooikatte met 27-46 geklop.
Lees ook: Tienerseun van Lydenburg se fietsdroom word waar



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
