Xander mik in die kol
Xander van Eck, ’n matriekleerder van Hoërskool Lydenburg, het weer eens die skietpryse ingepalm.
Die mees onlangse kompetisie waaraan hy deelgeneem het, was die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJW) se Presidentskiet op Saterdag 18 Junie op Phalaborwa. Hy is ook lid van die plaaslike SAJW Bosboktak.
Lees ook: A hero’s welcome for the Pumas at Lowveld National Botanical Garden
In die o. 18-juniorafdeling het hy die eerste plek in die drukluggeweer-, randslag-, en presidentskietafdelings behaal. Hy was ook die algehele juniorwenner vir die dag. In die seniorafdeling het hy ’n algehele tweede plek behaal en in die beperkteboutaksie-afdeling het hy ook ‘n tweede plek verwerf.
In 2019 het hy ’n goue medalje by die federasie se wêreldkampioenskappe gewen en was deel van Suid-Afrika se internasionale skietspan. Dit is maar net sommige van die hoogtepunte wat hy al as junior skut bereik het.

