Local sportSport

SA landsvlag wapper in Montreal se strate

Op 71-jarige ouderdom het Cobie Steinberg van Lydenburg aan die wêrelddriekampkampioenskappe in Montreal, Kanada, gaan deelneem nadat sy in Februarie as die Afrikadriekampkampioen aangewys is.

In ’n gelukwensoproep deel Cobie Steinberg met Steelburger/Lydenburg Nuus op Maandag 4 Julie dat daar nie ’n sweempie vlugvoosheid te bespeur is nie. Al het sy eers hierdie afgelope naweek uit Montreal, Kanada, teruggekeer.

Dié atleet (71) het op Saterdag 25 Junie aan die Wêrelddriekampkampioenskappe gaan deelneem. Haar man, dr. Jan Steinberg, het haar vergesel. Daar was nie baie tyd om Kanada ook te verken nie.

Lees ook: Lydenburg se bejaardes hou outydse kermis

Cobie Steinberg het die fietsbeen in 00:43:10 voltooi.

“Een van my hoogtepunte was om deur Montreal se mooi strate fiets te ry. En boonop het my dogter, Elizabeth Steinberg-Read, wat in Los Angeles bly, haar man, Kendall, en hul twee seuntjies ons kom verras,” het sy gesê.

Cobie het in Februarie vir die wêreldkampioenskappe gekwalifiseer nadat sy as die Afrika-driekampkampioen aangewys is. Sy het baie goed in die veteraan- afdeling vir vroue 70-74 gevaar. Sy het ’n 11de plek behaal tussen 19 deelnemers vir die 750 m-swem in die see. Vir die 20 km-fietsry het sy die 450ste plek uit 495 deelnemers behaal. In die 5 km-sneldraf het sy die 1 018ste plek behaal uit 1 145 deelnemers. Sy het haar drie afdelings in ’n tyd van een uur 47  minute voltooi.

Cobie is welbekend as iemand wat agter die skerms vir organisasies sonder winsoogmerk werk en glad nie haar prestasies uitbasuin nie. Maar dis gewis: sy pak alles in haar lewe met passie aan.

Cobie Steinberg het die fietsbeen in 00:43:10 voltooi.
Cobie Steinberg het in ’n tyd van 00:19:46 geswem. Foto’s: Groupe Copley

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button