Local sportSport

Rooikatte dring deur na semifinaal teen Malelane

Een van vier semi-finale in die 2022 Laeveldliga vind Saterdag op Lydenburg plaas tussen die Rooikatte en Malelane se eerste spanne.

’n Tawwe wedstryd was dit gewis toe die Rooikat Rugbyklub se eerste span Saterdag 16 Julie teen Hazyview gespeel het. Die rugbywedstryd op Hazyview was deel van die 2022 Laeveld-liga. Die finaal sal middel Augustus plaasvind, na aanleiding van watter spanne deurdring.

Die finale telling tussen die eerste spanne was 33-10 in die guns van die Rooikatte. Hulle het vyf drieë gedruk teenoor Hazyview se twee. Die punte is deur Philip Hennop (kaptein), Julius Ackermann, Hilton Boshoff, Christiaan Labuschagne en Clinton Sibanyoni en Donovan Theart aangeteken.

Lees ook: Landmerkgebou eie aan Lydenburg se geskiedenis
Donovan Theart.

Op Saterdag 23 Julie speel die Rooikatte se eerste span in die semifinaal by Rooikatpark teen Malelane. Danie Ackermann, die spanbestuur, het gesê die ondersteuners moet in hul menigte na Rooikatpark opruk. Die toegang is R10 per persoon en die hekke open om 14:00. Hy hoop om die ondersteuners in rooi hemde of baadjies te sien en “bos te gaan vir die Rooikatte.

Julius Ackermann met die bal. Foto’s: Jenise Colsby

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button