Local sportSport

Titaniese eindstryd wag vir Rooikatte en Ratels

Op Saterdag 13 Augustus gaan daar groot rugby in Lydenburg tydens die finaal van die Laeveldliga wees. Hierdie wedstryd is die Ehlanzeniligafinaal tussen die Rooikatte en Laeveld Ratels.

Die eindstryd van die Ehlanzeni Laeveldliga kan dalk nie heeltemal met die Springbokke teen die All Blacks se kragmeting van die afgelope Saterdag vergelyk word nie. Op kleiner skaal is die rugbyondersteuners en -spelers egter net so opgewonde.

Behalwe die internasionaletoetswedstryd, het die Pumas Rugbyunie ook ’n paar weke gelede die gesogte Curriebeker teruggebring Mpumalanga toe.
Op Saterdag 13 Augustus gaan daar groot rugby in Lydenburg tydens die finaal van die laeveldliga wees. Hierdie wedstryd is die Ehlanzeniligafinaal tussen die Rooikatte en Laeveld Ratels.

Om 14:00 speel die Rooikatte se tweede span teen die Matsulu Rugbyklub se tweede span vir
’n derde of vierde plek in die liga en om 15:30 pak die twee hoofspanne mekaar.
Dit sal die eerste keer wees dat die twee buurdorpe se spanne teen mekaar in die Laeveldligaeindstryd speel. Danie Ackermann, die afrigter en deel van die bestuur, het versoek dat
die Rooikatte se ondersteuners almal rooi aantrek. Hierdie gaan dorpsrugby op sy beste wees.
Na die hoogtepunt van die Springbokke se oorwinning teen die All Blacks van 26-10, gaan
almal se rugbygeesdrif gewis nog baie hoog wees. Die wedstryd is by Rooikatpark in Potgieterstraat. Toegang by die hekke is R10 en die hekke open 13:00, diegene wat op ‘n gasbraaier ‘n vleisie wil braai is welkom.

Die Laeveld Ratels is ‘n gemengde span van Steelpoort, Burgersfort en Ohrgistad se rugbyspelers.

Hier ‘n gallery van ‘n paar foto’s wat Steelburger/Lydenburg Nuus geplaas het oor die afgelope seisoen. Foto’s Michelle Boshoff: 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button