Local sportSport

Sportbekendes kuier by Lydenburg se Samancor-gholfdag

Tiaan Brits, Christiaan de Beer, Kallie Erasmus, Andries Nel, BJ Botha, Kallie Knoetze en Hendrik Crause.

Samancor Eastern Chrome Mines (ECM) se sewende jaarlikse gholfdag ten bate van liefdadigheid het op 25 Februarie by die Lydenburg Gholfklub plaasgevind.
Hulle het self ook deelgeneem en ‘n paar puik houe geslaan.
Fanie de Villiers, die afgetrede krieketspeler, het later saam met Knoetze met hope energie ‘n veiling aangebied.
Die weer het saamgespeel en die bywoning was goed. Twee-en-sewentig spelers het deelgeneem.

Lees ook: Goue interhoërdag op Lydenburg

Verversings is deur die gholfklub bedien. Daar was ook ‘n koel lafenis by die borgpunte op die baan. Die borge het hul beursies oopgemaak en die fondsinsameling tydens die veiling ondersteun.
Alle hierdie opbrengste sal gebruik word om broodnodige skoolpakkies aan te koop om vir sekere liefdadigheidsorganisasies en skole te skenk. Deur hierdie gholfdae word fondse vir holistiese kinderontwikkeling ingesamel. ECM verbind homself daartoe om ‘n positiewe impak in die omliggende gemeenskap te maak.

Kallie Knoetze, Andries Nel en Fanie de Villiers.
Die Camperdown-spanwenners, André en Chriselda Myberg, Mel en Bertus Swart en Fanie de Villiers.
Tiaan Brits, Christiaan de Beer, Kallie Erasmus, Andries Nel, BJ Botha, Kallie Knoetze en Hendrik Crause.

Kallie Knoetze, Christo Kroon en Fanie de Villiers.
Die span van Norsenet: Thabiso Mosholi, Roderick Murdoch, Ronald Llale en Christopher Letsoele.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button