Local sportSport

Loskop Rugbyklub se spelers wen die Bernard McGee-trofee

Rooikatrugby in volle swang.

Die Loskop Rugbyklub van Groblersdal het Saterdag die plaaslike Rooikatspelers aangedurf. Die wedstryd het by Rooikatpark in Lydenburg plaasgevind. Die eerste en tweede spanne het vir die Bernard McGee-trofee meegeding.

Anders as verlede jaar, is Loskop met die trofee terug huis toe nadat hulle die Rooikatte met 21-19 geklop het.
Die Rooikatte se tweede span het met 17-15 gewen.

Lees ook: Steelburger News 16 March 2023

Devon Dicks, Calvin Schambriel en Johan Vorster van die Rooikatte.
Julius Ackermann neem die voortou.
Marinus Colsby het balbesit.

Die Rooikatte het op Saterdag 4 Maart teen die Ratels gespeel van Steelpoort/ Burgerfort/ Ohrigstad op Rooikatpark in Lydenburg. Beide spanne het was verlede jaar in die eindstryd van die Laeveld Rugbyliga en die Rooikatte was die ligawenners. Die Rooikatte het hierdie vriendskaplike wedstryd 28-5 gewen.

Wernich Botha van die Rooikatte op die grond.
Xolisa Ngqandana.
Philip Hennop gooi die bal uit.
Shaune Booysen hou die Ratels se hande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button