Local sportSport
Kookwaterrugby op Rooikatpark
Ratels en Rooikatte lok toeskouers van Burgersfort, Steelpoort en Lydenburg vir ’n sonnige rugbymiddag op Lydenburg.
‘n Fisiese wedstryd het Saterdag die energievlakke en uithouvermoë tussen die Laeveld Ratels en die Rooikatte se rugbyspelers op Lydenburg getoets.
Die finale telling was 44-12 in die Rooikatte se guns.
Die Ratels se afrigting is deur Marius Weber en John Coetzee behartig. Janus Weber is as die voorspeler van die wedstryd aangewys en Ruben Cross die agterspeler. Cross het ook die Ratels se punte aangeteken.
Die Rooikatte het ses drieë gedruk. Peet Muller is as die voorspeler van die wedstryd aangewys en Clinton Sibanyoni was
die agterspeler.
Also read: Huis in puin ná vlammehel in Lydenburg




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
