Local sportSport

Netbalspanne meet kragte tydens liga by LHS

Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen en Hoërskool Sybrand van Niekerk van Sabie geniet ’n wintersportmiddag op Lydenburg.

Baie netbalspelers neem tans met alle ywer aan die onderskeie wintersportligas in skoolverband deel.
Hoërskool Lydenburg (LHS) het Woensdag 24 Mei gasheer vir Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen en Hoërskool Sybrand van Niekerk van Sabie gespeel. Dit was duidelik dat al die skole se netbalspelers se harde oefenwerk op die baan vrugte afgewerp het.

Ben Vorster se eerste span wen teen LHS met 24-25 punte, die tweede span klop LHS met 8-14 en LHS se o.16 A’s reken 17-11 met Ben Vorster af.

LHS se o.17’s het teen Hoërskool Sybrand van Niekerk se eerste span met 16-3 gewen, die tweede span van LHS wen met 24-0, en die o.15A’s van LHS wen met 10-2. Die o.14 A’s van LHS stap as die wenners weg met 14-6.

Lees ook: Potjie golf vir verbeteringe op Lydenburg

Mieke-Lee Bam werk hard vir nog ’n doel.
Mieke-Lee Bam strek hoog vir balbesit
Larischa Kelly vang die bal uit die lug.

 

Larischa Kelly reik uit na die bal.
Rati Mogodiri met die bal.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button